Ons belofte

Wierda Baba Sentrum is ‘n unieke privaat Christelike Kleuterskool, wat daarop fokus om ‘n liefde vir leer te kweek deur speelaktiwiteite wat ons kinders aanmoedig om emosioneel, kognitief, fisies en geestelik te ontwikkel.

Ons streef daarna om aan elke baba of peuter aan ons toevertrou ‘n tweede tuiste te gee en ‘n omgewing van liefdevolle sorg te skep wat veilig en aangenaam is.  Hier kry elke kind die geleentheid om in ‘n huislike, verwelkomende atmosfeer te speel en ontdek.

As ouer kan u die gemoedsrus hê dat u kind met sorg en liefde omring sal word en dat hulle altyd in goeie hande sal wees.  Ons waardeer die unieke behoeftes van elke kind en sal ons uiterste doen om elke kind ‘n omgee-en-opvoedingsomgewing te bied wat hulle verdien.  Ons glo dat ‘n liefdevolle omgewing die fondasie is vir ‘n gelukkige en gesonde kindertyd en dit is ons belofte aan u en u kind.

Babas

Spesiale Sorg Vir Ons Kleinste Skatte

Ons koester die kleinspan met spesiale toewyding en hiermee bied ons  omvattende versorging vir babas in twee liefdevol toegeruste lokale.  Hier is ons trots om ‘n intieme versorgingsverhouding van een versorger tot slegs vyf babas te handhaaf, om te verseker dat elke baba die individuele sorg en aandag ontvang wat hulle verdien.

Ons gebruik modern en netjiese badkamergeriewe om doeke te ruil en ‘n sagte baba-bad te gee, wat bydra tot ‘n gemaklike en skoon omgewing.  Ons lokaal is toegerus met lugsuiweraars om ‘n gesonde atmosfeer te handhaaf.

Daarbenewens het ons ‘n ruim buitespelarea met ‘n grasmat en wat beskut is met ‘n skadunet, waar ons babas vrylik kan speel en die buite lug kan ervaar.

Ons versorging gaan verder as net fisiese sorg.  Ons glo sterk in die stimulasie en ontwikkeling van elke baba.  Daarom volg ons ‘n spesiaal ontwerpte stimulasieprogram wat die kognitiewe, sosiale, geestelike en fisiese ontwikkeling van elke baba aanmoedig.  Ons is toegewyd om ‘n liefdevolle omgewing te skep waar u babas kan floreer en groei.

Padda Klas

3 tot 12 maande

Vlinder Klas

12 tot 18 maande

Speelarea

Ons Perseel

Peuters

Ons Fokus Op Kleuteronderrig

By ons Sentrum bied ons vier aparte klassies aan, elk ontwerp vir kinders in verskillende ouderdomsgroepe: tweejariges, driejariges, vierjariges en vyfjariges.

Elke klaskamer is ontwerp om ‘n intieme omgewing te bied, met ‘n maksimum van twintig kinders per klas.  Elke klas word bestuur deur ‘n ervare onderwyseres, sowel as ‘n assistent(e), om persoonlike aandag aan elke kind te verseker.

Ons klaskamers is ook toegerus met lugsuiweraars om ‘n aangename en gesonde omgewing te verseker.  ‘n Ten volle toegeruste badkamer is beskikbaar vir die ruil van doeke en om die “Potty Training” proses te ondersteun.

Terwyl ons kinders by ons Sentrum is, volg ons ‘n opvoedkundige programrooster wat die kognitiewe, emosionele, sosiale en geestelike ontwikkeling van elke kind aanmoedig met ontdekking as leermiddel.  Ons glo in die waarde van struktuur en spesifieke leeraktiwiteite om kinders vir skool gereed te maak en die liefde vir leer van jongs af te kweek.

Vir rus en ontspanning het elke kind ‘n persoonlike en genommerde slaapplek met ‘n kussing en kombers.

Hierdie persoonlike ruimte verseker dat hulle ‘n gevoel van veiligheid en gemak ervaar gedurende hul slaaptyd.

Ons is toegewyd om ‘n omgewing te skep waar kinders kan leer, groei en floreer terwyl hulle voorberei word vir hul volgende fases in hul opvoedkundige reis.

Skilpad Klas

2 jariges

Bytjie Klas

3 jariges

Ladybird Klas

4 jariges

Dolfyn Klas

5 jariges

Speelarea

Kontak ons

    174 Ruimteweg, Wierdapark, 0149

    Ons is gemaak om spore te los

    rugby ⸻ playball ⸻ monkeynastix ⸻ poco tots ⸻ wiskunde ⸻ dance mouse ⸻